Na my exodus uit Stellenbosch het ek soos ‘n regte student ingeval en 20 ure se series gekyk to 04:00 Donderdag oggend en toe weer Donderdag tot Vrydagoggend 01:00.  8 ure se Game of Thrones S2, 8 ure se Californication S5 en 6 ure se 90210 S4 asook enkele episodes van How I Met Your Mother S7.
Gelukkig oortuig Elsabe my toe om terug te kom kampus toe met die woorde: “Wil jy strafreg bywoon?”

Vrydag 27 Julie 12:00

Strafreg 171

Die klas word aangebied in Rek & Stats 1002 en word feitlik vol gesit met ‘n mengsel van eerstejaar LLB studente, 2de jaar BA LLB en selfs nagraads LLB studente.
Ek is beïndruk met die klas se tegnologiese integrasie.  ‘n vraag word op die skerm geprojekteer:

Man ly aan Derilium tremens, verbeel hom hy is zombie wat plante vernietig (Plants vs Zombies ?) en kap seun se kop af. Hy steun op 78(1) SPW

Studente moet dan een van die vyf vertoonde opsies kies deur met hulle selfone na connect.sun.ac.za/m te gaan en hulle antwoord te submit. Die dosent kan dan live sien hoeveel al geantwoord het en hoeveel dit reg kry. Na die antwoorde bespreek is het sy op die dataprojektor ‘n grafiek vertoon wat die studente se antwoorde wys.

 

Die klas het verder gehandel oor geestes defekte en geestes ongesteldhede een van die voorbeelde was die Hatfield saak.

Hatfield: 1800, soldaat, kop besering, ontwikkel religous delusion, second coming of Christ.

Wil dood gaan maar nie selfmoord nie. Glo hy moet die koning doodmaak, sodat
hy die doodstraf kan kry. Skiet na koning maar mis.

Word onskuldig bewys op grond van geestes ongesteldheid.

Bewus van regsgevolge, dus wetlik verkeerd, maar glo dat dit moreel reg is.

Na afloop van die klas volg ek vir Elsabe en bevind myself in ‘n gebare taal kursus wat die SSVO aanbied.

Basic South African Sign Language

Dit is die eerste sessie van ‘n ses weke kursus en ons spandeer meeste van die tyd om vir onsself gebare name uit te dink. Die een aanbieder Rachel het my as voorbeeld gebruik en gesê my naam kan die volgende wees (dit moet blyk iets met jou voorkoms te doen hê):

Verder het Ivan vir ons wenke gegee oor hoe om met dowes te praat. Byvoorbeeld:

  • Have a ready smile when you meet any Deaf person
  • Place yourself where light falls on your face when you talk to a Deaf person
  • Don’t talk to quickly
  • Don’t talk to slowly
  • Use short sentences

Daarna het Rachel vir ons die dae van die week geleer.

By Eendrag klop ek weer by Johannes aan. Net betyds om saam met hom na sy laaste klas vir die dag te gaan (en heel moontlik eerste, soos dit maar met BA gaan)

Sosio Informatika 254

Dit was ongelukkig die eerste klas van die semester en die dosente (Ja, dosente!) het die kursus raamwerk en detail oor gelees soos ek nog nooit voorheen gesien het nie.

Die eerste drie weke gaan netwerk teorie wees en dan gaan hulle prakties begin met XML, XHTML, CSS, javascript. Deurlopend gaan elkeen ‘n website moet maak as hulle projek.  Die enigste materiaal beskikbaar vir die kursus is w3schools.com

Ek was bietjie teleurgesteld in die dosente se negatiwiteit en se onvermoë om die studente opgewonde te kry deur aan te gaan oor hoe moeilik die kursus is en hoe hulle nie vir jou gaan jammer kry nie en hoe hulle fake mediese sertifikate kan uitken.

Ek kry ook die studente jammer wat week na week in die praktiese periode klas toe gaan moet kom net om hulle assignment in te handig (persoonlik, want daar bestaan nie iets soos WebCT upload of email nie), maar omdat daar beperkte rekenaars is gaan jy heel moontlik vir tot 40 minute net moet staan en wag vir ‘n rekenaar om oop te gaan sodat jy dit kan submit onder die toesig van ‘n demi.

In die gees van student wees het ek die Eendrag Helshoogte Derby gaan kyk saam met my ekskoshuis.  Wat ‘n voorreg om saam na die tyd op die veld te hardloop en ons huislied uit vollebors te sing om ons oorwinning te vier. Well done Boys!  Ek sien sommer uit na nog baie modules en ander studente ervarings in die volgende weke.