My eerste dag van impromptu klasse het vroeër begin as wat ek verwag het.  My dag het vroeg begin (07:00), toe ek veronderstel was om vir ‘n swaarvoertuig les te gaan in die Strand.  My instrukteur het egter gekanselleer.  Wonder bo wonder het ek nie weer in die bed geklim en tot 11:00 geslaap nie, maar besluit om vir Pieter te join vir sy 08:00 klas.

Entrepreneurskap en Innovasiebestuur

Die klas is in die Schumann gebou op die eerste vloer links. Die klas is amper reeds vol ±40 mense toe ons ingestap kom.  Pieter lig my in dat hy omtrent niemand in die klas ken nie, want dit is net random BComm mense en nie sy usual BRek crowd nie.

Die dosent begin inleidend oor Kleinbesighede praat en die faktore wat hulle sukses of mislukking bepaal.

Kleinbesighede

70% interne faktore wat maak dat hulle faal.

Faktore:

  • Bestuur van kontantvloei
  • Beskikbare kapitaal
  • Not making profit

Small Business

Involves 1-50 people and has its owner managing the business on a day-to-day
basis.
Can’t start a big business. At least not likely.

Entrepreneur

A person who owns or starts an organization, such as a business.

Entrepreneurship: the process of creating value by bringing together a unique
combination of resources to exploit an opportunity.

First hurdle is inaction
Second hurdle is taking the right actions
• What you need to do and how to do it.

Small enterprise development agency (SEDA)
• Subbranch of DTI

Incubators

A facility which offers subsidized space and business advice to companies in their earliest stage of operation.

Na klas loop ek doelloos Neelsie toe waar ek vir Megan raak loop. Sy was oppad na haar negeuur klas toe en aangesien ek geen klasse het nie besluit ek om toe sommer saam te gaan.

Logistieke bestuur

Jan kom sit langs my en Megan en vertel ons van die koor toer in Amerika en hoe al die stereotipes waar is.

Ek neem nie veel van die les in nie agv van Megan se comment op my Ipad: “Matiedagboek 2012: day to day dagboek van megan se lewe- baie cooler as klas”

Ek verstaan egter dat Logistieke bestuur gaan oor hoe om goed so effektief as moontlik te vervoer of te skuif en maak onder andere die volgende nota:

Regte bande op voertuig

Na klas verras ek vir Engela en stap saam met haar koshuis toe. Te lui om terug kampus toe te loop, vind ek my weg na Eendrag en geniet teekan saam met paar manne.  Jaco stick my vir ‘n Chicken Mayo en Cheese tramazini waarna my mond die hele 4 maande in Israel gewater het. Ons gaan later saam bib toe, waar ek soek vir ‘n fiets op Gumtree. ‘n halfuur later koop ek ‘n fiets by Cash Crusaders. Ek wy die fiets in deur koshuis toe te ry net om saam met Johannes weer af te ry tot by sy 14:00 klas.

Politieke Wetenskap 242

Lettere 230 : Die lokaal is volgepak met BA-agtige mense. Ons sit agter Elsabe en Nadia.  Dis ‘n tydelike dosent, maar sy ken haar storie en het self die navorsing gedoen in Manenberg.

Swak state en sterk samelewings

Die voorbeeld van georganiseerde misdaad

Die Staat: ‘n Definisie

Max Weber: state is verpligte assosiasies wat beheer wil hê oor ‘n gebied en die
mense binne die gebied.
Staat is meer as die regering: dit is ‘n sisteem legitiem geweld mag gebruik.

Migdal: state streef om die volgende te doen: penetreer samelewing, reguleer
sosiale verhoudinge, ontgin bronne.
Sterk state kan hierdie dinge doen.

Karaktereienskappe van swak state.
1. lae vlak van legitimiteit
2. Swak grens beheer
3. Ineffektiewe reëls
4. Min of een ekonomiese dienste
5. Geen sosiale beheer agv ineffektiewe strafreg stelsel

Staat samelewing verhoudings

Inskiklikheid: burgers erken reels van die staat
Deelname: vermoë om burgers te mobiliseer vir vrywillige deelname in
verskillende sektore van die staat
Legitimiteit: burgers aanvaar en keur die gesag van die staat goed

Indien nie hieraan voldoen
Gefragmenteerde sosiale beheer
Stel ander strategie van oorlewing voor

Hoof doel van georganiseerde misdaad is nie om staat oor te neem soos in die
geval van terrorisme nie.

Cape flat gangs 2006: 130 gangs

Die klas is afgesluit met ‘n bespreking oor of die weermag moet intree in die Cape Flats om vrede te handhaaf. Dit is nogal merkwaardig om die vlak van deelname en entoesiasme van die studente te sien in vergelyking met BComm besprekings.

Dis al waarvoor ek kans gesien het op een dag. Ek dink ek het nogal waardevolle goed geleer nie net van die dosente af nie, maar ook van die observasie van die studente.