Na my eerste dag se sukses is ek weer optimisties om nog modules aan te pak en staan sommer weer vroeg op. Ek kry vir Jurie en die res van die Eendrag Ing gang by Ingang se voordeur.
Ek sien vir die eerste keer die nuwe Ingenieursgeboue, maar die klas is ongelukkig in die Algemene gebou kamer A305.

Stelsels en Seine

Die engelse studente luister na die Afrikaanse dosent deur oorfone en ‘n vertaler wat voor in die klas sit en saggies in die mikrofoon in praat. Sy is middeljarige tannie wat moet byhou by dosent wat baie vinnig praat, maar sy is heel rustig en kan nog terselfde tyd skryf en/of op haar selfoon werk terwyl sy non-stop vertaal.

Funksionele Transformasies

Laplace transformasies

Ek het dit reggekry om dit neer te skryf en van die wiskunde te onthou van laas jaar. Ek het ook al gehoor van weerstand tyd en spanning, maar verder het dit geen sin gemaak nie.

Die klas het wifi gehad so ek het die res van die periode op Facebook deurgebring. Ek het saam met Jurie en Jason bly sit vir die volgende klas.

Energiestelsels

Jason bring vir my van die oorfone.  Ek luister met een oor na die Afrikaans en met oor na die Engels en ek moet sê dit het my nogal verbaas hoe goed hulle dit doen. Hier en daar vat dit die vertaler ‘n oomblik om die Engelse term te kry, maar selfs die dosent is in sulke gevalle onseker van die korrekte term. Ek tel so 40 studente waarvan amper 40% engels is (oorfone gebruik) en 20% swart is.

2.1 Fasors

Oombliksdrywing  


Hernubare energie amper goedkoper.
 
Energie besparings toestelle, verbeter arbeidsfaktor, maar bespaar absoluut geen energie nie. Gelykstroom somme ipv wisselstroom



Ek is bly dat die wiskunde uiteindelik verby is en drafstap na die Van der Sterr gebou om vir Johannes te ontmoet vir sy 10:00 klas.

 

Godsdiensfilosofie

Dosent: A. Van Niekerk
170 studente, 10% swart. Oorwegend engels, maar dosent praat oorwegend
afrikaans.

Inleiding

1. Geen enkele duidelike omlynde betekenis
2. Meer as bloot “gekamoefleerde apologetiek”
3. Ook nie bloot natuurlike teologie, in sin van praeambula fidei nie.
 
Bestaan van god kan bewys sonder geloof. 
Famous philosopher
St. Thomas Acquinas 1200’s
Wie god is kan nie met natuurlike teologie bewys word nie, dit is
supernatural theology.
 
Karel Barth verwerf bekendheid vir opposisie teen natuurlike teologie. Pretensieus om te dink ons kan met rasionele denke by god uitkom.
 
4. Godsdiensfilosofie is filosofiese besinning oor die godsdiens
5. Nie godsdienstige onderrig nie. Gee nie om watter koeie geslag word nie
6. Ook bedryf deur agnostici en ateïste (voorbeelde?) nietsche, carl marx
7. Vertakking van filosofie, nie van teologie nie
 
8. Verskille tussen teologie en godsdiensfilos
A. Teologie: geloof wat soek na begrip (fides quareens intellectum)
B. Teologie vra vrae wat leef binne (die veronderstelling en praktyk van) die
godsdiens bv. “Waarom moes God mens word?” (bv. anselmus: Cur Deus
Homo)
a. Let op die veronderstelling in lg. vraag, wat nie (noodwendig) deur
filosowe gedeel word nie
C. Filosofiese vrae oor die godsdiens:
a. Is “God” en “mens/kwaad” versoenbare begrippe. 

Die dosent is baie entertaining, veral as hy Latyns verduidelik: “quareens is theindivative active present, second person singular of quaero“, so asof die studente dan skielik gaan verstaan wat dit beteken.
Na klas sit ek saam met Francois en van sy pelle by Frigo tot sy 12:00 klas.

Afrikaans Nederlands

Letterkunde gebou, baie intieme klaskamer met seker net so oor die 20 mense. Ek en Francois sit heel voor. Die dosent is ‘n Nederlander wat slegs Nederlands praat, maar heel verstaanbaar. Die Semester handel oor Nederland in die 50’s. Ons kyk ‘n 15 minute video oor daardie tydperk en gesels verder oor die invloed van die tweede wêreldoorlog op hulle kuns en literatuur.

Die klas word afgesluit met ‘n gedig van Jan Hanlo – Oote, die dosent het die hele gedig gelees met intoenasie en beklemtoning en alles. Hy het egter een “oe” gemis in die 14de reël.

Oote oote oote
Boe
Oote oote
Oote oote oote boe
Oe oe
Oe oe oote oote oote
A
A a a
Oote a a a
Oote oe oe
Oe oe oe
Oe oe oe oe oe
Oe oe oe oe oe
Oe oe oe oe oe oe oe
Oe oe oe etc.
Oote oote oote
Eh eh euh
Euh euh etc.
Oote oote oote boe
etc.
etc. etc.
Hoe boe boe boe
Hoe boe boe boe
B boe
Boe oe oe
Oe oe (etc.)
Oe oe oe oe
etc.
Eh eh euh euh euh
Oo-eh oo-eh o-eh eh eh eh
Ah ach ah ach ach ah a a
Oh ohh ohh hh hhh (etc.)
Hhd d d
Hdd
D d d d da
D dda d dda da
D da d da d da d da d da da
da
Da da demband
Demband demband dembrand dembrandt
Dembrandt Dembrandt Dembrandt
Doe d doe d doe dda doe
Da do do do da do do do
Do do da do deu d
Do do do deu deu doe deu deu
Deu deu deu da dd deu
Deu deu deu deu

Kneu kneu kneu kneu ote kneu eur
Kneu kneu ote kneu eur
Kneu ote ote ote ote ote
Ote ote ote
Ote ote
Boe
Oote oote oote boe
Oote oote boe oote oote boe

Die gedig het iets in my getrigger en ek kon dit nie langer op Stellenbosch uit hou nie. Na ‘n besoekie aan die BTK kantoor het ek in die pad geval en terug huis toe gery. Dit is nou onbekend wanneer ek weer klasse gaan bywoon.