Een van die aparate by die gym parkie

Ek slaap so lekker dat ek my wekker afsit en net verder slaap. Later die oggend na ‘n lekker free broodjie ontbyt beplan ons om Jerusalem toe te gaan. Die dame by ontvangs herinner ons egter dat dit Saterdag is wat beteken die hele Israel is in Sabbat mode, dit impliseer geen busse loop (behalwe die arabiere se minibusse), alles is toe. Ons besluit toe om maar deur Tel Aviv te wandel. Dit is nogals iets om te ervaar om te sien hoe so stad tot absolute stilstand kan kom.

Ons stap langs die promenade af en speel in verlate gym parkies (letterlik parkies met treadmills, weight lifting, en al die ander goed wat se name ek nie ken nie). Ons stap tot by die Kibbutz placing office, wat natuurlik toe is, maar net sodat ons weet waar dit is. Om op te maak vir die koue drink ons ‘n heerlike koppie hot chocolate teen 12 NIS by ‘n franse styl kafeetjie.

Die love revolution wat ons saam gesleep het

Oppad terug hoor ons ‘n optog uit een van die sy strate. Met nadere inspeksie sien ons ‘n massa mense wat almal met plakkate loop wat slegs hebreeus op het en nie die tradisionele drie tale nie. Hulle maak egter vrolike musiek en voor ons protes kon sê word plakate en linte in ons hande gestop. Met die sing van “love is all you need” besluit ons dit is nie ‘n toi-toi nie. Na ‘n lang gestap en baie drukkies maak almal ‘n sirkel en chant iets in hebreeus. Na ‘n lang stilte en toe weer ‘n gejuig beweeg almal na ‘n afgebrande gebou se muur en begin die mure graffiti. Daar sien ons toe vir die eerste keer dat ons deel was van die Love revolution na aanleidinig van dit wat die mense op die muur spray. ‘n Drum circle begin en ons join in selfs deur die reën.

Graffiti love

Die koue dwing ons terug na die Hostel via ‘n supermark (lees spaza) waar ons pasta en tomato paste koop. Dit draai toe heel smaaklik uit veral met my Chilli beef wat ek van Suid Afrika af saam gebring het.

Die aand sit en gesels ons tot laat met Shanti en Johan van Swede. Shanti vertel vir ons van die Walk About Love na aanleiding van die Love Revolution waarvan ons haar vertel het. Ek google dit toe en besluit amper dadelik om eerder dit te doen. Dit is ‘n 1000km staptog oor 100 dae van die mees suidelike tot mees Noordelike punt van Israel saam met backpackers van reg oor die wêreld. Ons besluit egter dat ons tog môre na die KPC office moet gaan en dan as ek nie ‘n visum kry nie dan is dit ‘n teken vir ons om die stap te doen.