Iewers bo Turkye |
By die ataturk lughawe in Istanbul voel ek bietjie verwar met almal wat doelgerig na hulle volgende stasie loop en ek wat nie regtig weet waarheen om te gaan nie, ek word telkens in ‘n ander rigting gestuur en dan verwys na ‘n sekuriteits toonbank. Daar gekom word ek ondervra en moes ek my return vliegtuigkaartjie wys en alles net vir ‘n blou sticker en ‘n onleesbare gescribble daarop. Nou kon ek deur die hek gaan en by die transfer terminal uitkom met al sy winkeltjies en goetertjies. Ek moes egter wikkel om by my hek uit te kom wat die vliegtuig vertrek al amper weer.
Op die vliegtuig gekom raak ek dadelik aan die slaap, dis weereens net ek en Casper so ek kon lekker uitstrek. Ek word wakker gemaak vir ontbyt maar neem slegs ‘n glasie come en slaap verder. 16 ure na ek my ouers op Kaapstad gegroet het land ek in Tel Aviv, my klasmaats besig met Wiskunde.
Alles verloop glad tot die vrou by paspoort kontrole my vra wat ek in Israel doen en ek die waarheid vertel terwyl ek eintlik seker moes sê wat hulle wou hoor. Ek word na ‘n kantoortjie toe geneem en wag langer as van die ander mense wat ook ingeroep word en dan weer vrygelaat word. Ek sien myself terug in die banke op Maandag en as mense vra waar was jy Donderdag en Vrydag moet ek verduidelik hoe ek probeer het om weg te hardloop van die samelewing. George, george! Roep die beampte my terug na realiteit. My paspoort word gestempel en die 3 word dood gekrap en verander na ‘n twee, wat impliseer ek kan net in Israel bly vir twee maande, maar dit is later se bekommernis.
Ek kry my rugsak, nogsteeds netjies gewrap en stap deur na die onvangslokaal met niemand wat vir my wag nie. Ek trek geld en sukkel om my foon aan die werk te kry. Na ‘n taamlike gesukkel kom Marleen se boodskap deur: “ek gaan bietjie laat wees”, dit pla my in die minste want vir die eerste keer in my lewe het ek al die tyd in die wêreld. Ek besluit om ‘n draai te loop buite die lughawe, maar dit is van korte duur: ‘n sekeriteits wag jaag almal wat buite staan binnetoe agv ‘n ‘security threat’. Almal lyk egter heel rustig en ek wag toe maar geduldig op een van die bankies in die arrivals lokaal.
‘n Uur gaan verby en ek besluit om die treinstasie te gaan verken. By die kaartjie masjien gekom maak iemand my skrik van agter. Marleen het dit gemaak! Sy help my om ‘n kaartjie na die regte stasie te kry en saam wag ons vir die volgende trein. Sy vertel opgewonde van die Hostel waar sy bly en sommer reeds vir my geboek het, die gypsy wat sy daar ontmoet het en al die ander cool dinge. Ons trein kom na ‘n halwe ewigheid. Die trein kan enige dag vir Duitsland se treine ‘n go gee, beide met op tyd wees en gehalte.
Ons klim af op Tel Aviv Ha’Shalom. Buite gekom confess Marleen dit is nie waar sy die vorige keer afgeklim het nie. Ons besluit om die groot stad te voet aan te pak op soek na bus nommer 10. Na ‘n driekwartier se gestap sien ons die gebou wat voor ons was toe ons begin het en besluit dat ons inderdaad in ‘n sirkel gestap het. Tel Aviv lyk baie soos Kaapstad met ‘n paar skyscrapers woonstel blokke en besighede. Die enigste verskil: die motors ry aan die verkeerde of altans regte(r)kant van die pad. O, en al die signs is in Hebreeus, Arabies en Engels, in daardie volgorde.
Uitsig vanaf die Hostel se rooftop |
Ons besluit om die eerste beste bus te vat en klim op bus nommer 43 (ons het gereken dis nagenoeg aan 42, the awnser to life the universe and everything else). Ons sien behoorlik vir Tel Aviv met die bus wat al kronkelend vir kilometers lank deur die stad mission oor highways om sirkels deur woonbuurte. Ons gewaar ‘n busstop van die misterieuse bus nommer 10 en klim dadelik af. Na ‘n kort wag en nog 6.60 shekels later staan ons in bus nommer 10. Nog ‘n warbul van afdraaie en verandering in stadsdele. “Ons is hier!” skree Marleen uiteindelik en ons klim in die reën af. Hier is egter relatief, want dit is nog ‘n kilometer se stap voor ons by die Hostel uitkom. Oppad daarheen het die reuke van ‘n bakkery ons verlei om ‘n onbekende onuitspreekbare pasteitjie te koop.
By die hostel word ek ingeboek met: “this is my friend, I booked a room for him” twee lakens en ‘n kussingsloop word in my hand gestop en daar word beduie dat ek die jongdame moet volg. Kamer nommer 19 met 5 bunkerbeddens in. Ek moet my rugsak afhaal om deur die miniatuur deur te pas. Regs bo in die hoek is my bed, gemerk: Marleen. Ek volg die dame op ‘n toer die die res van die hostel, badkamer, ontbyt area, free wifi en dan die dak met ‘n skemer uitsig oor die hele Jaffa.
Ons gaan vir ‘n skemer wandeling deur Old Jaffa waar Petrus vir Tabitha opgewek het. Neem foto’s van al die nou gangetjies, ‘n hangende boom, die wishing bridge en die kerktoring. Oppad terug na die Hostel koop ons ‘n vreemde paaper-bite koeksister effek ding wat mens nie regtig kan besluit of jy daarvan hou of nie. Dit is egter nie genoeg om ons te vul nie en ek oortuig Marleen dat mens nie kan verkeerd gaan met ‘n Schwarma nie, veral nie as dit ‘n allemuntige 26 Shekels kos nie.
By die hostel maak ek gebruik van die free wifi deur bietjie te facebook en skype met my ouers. Na ‘n lang vlug en dag vol verdwaal en in verwondering staan gaan kruip ek in met met heldde van my 10 kamermaats wat al slaap.