Ek verslaap weer so bietjie, maar darem nie te erg nie. Ons eet weer ontbyt toast met sjokolade smeer en gaps nog twee broodjies vir die dag in Jerusalem.
Ons neem bus 10 na die treinstasie 6,60 NIS elk. Daar kry ons redelik maklik kaartjies na Jerusalem teen slegs 22,50 NIS. Die trein rit verloop glad tot ons by een of ander stasie gebra word om die trein te verlaat. Uit die hoek van my oog sien ek hoe iemand onder elke sitplek inloer (op soek na ‘n ding wat met ‘n B begin?). Buite die stasie lyk ons toe seker baie verwar, want iemand wink ons toe na ‘n bus wat ons verder na Jerusalem sal neem.
Met die bus kry ons toe elk geval meer gesien van Jerusalem, ‘n bergagtige stad met eenderse beige woonstelle so ver soos die oog kan sien, met massiewe mure wat ons nie kan uitmaak wie dit binne hou en wie dit buite hou nie. Ons hou stil by die treinstasie met ‘n groot mark wat ons eers deurloop en niks koop nie. Ons vind met ‘n skok uit dat ons nie eens op die 20 jaar oue kaart ,wat Marleen saamgebring het, is nie.
Ons stap so entjie doelloos rond en besluit om by ‘n garage vir aanwysings te vra. Met so bietjie van ‘n taal ‘barrier’ hoor ons iets van ses en besluit om bus 6 te vat. Na ‘n lang gewag en nog langer busrit, deur die hele Jerusalem, stel voor om van Bloubergstrand tot by die waterfront te ry met agterstrate en U-turns, kom ons uiteindelik wonder bo wonder by die Damascus gate aan van die Old City.
Binne die murenword ons verras met duisende stalletjies met vrugte, brode, selfone, souvenirs en enige iets anders wat hulle dink jy moontlik vir een of ander obskure rede in Jerusalem sal wil koop in nou gangetjies met skool kinders oppad na hulle huise, pleks van die 2000+ jaar oue moerasse wat ons verwag het.
Ons volg die pelgrimstog wat mens van kerkie tot kerk neem op die selfde pad wat Jesus blykbaar gestap het van sy veroordeling deur Pilatus tot by sy graf in die Holy Church of the Sepulchre. Sommige ander pelgrims neem dit verder en dra self ‘n kruis deur die nou gangetjies. Ons is gelukkig gespaar van die sogenaamde Jerusalem Sindrome wat behels dat jy begin glo jy is die messias en dit dan almal anders luidkeels daarvan probeer oortuig. Marleen ontvang 5 huweliks aanbiedings, een was bereid om 1000 kamele te betaal, ek het haar probeer verkoop, want ek het gereken ek sou vir lank kon reis met 1000 kamele of eerder met die geld van die verkoop van ‘n 1000 kamele, maar Marleen wou niks daarvan weet nie.
Ons neem ‘n futuristic tram na die central busstation en staan buite rond opsoek na die regte bus. ‘n vrou verduidelik toe vir Marleen dat ons na die tweede vloer van die gebou agter ons moet gaan. Ek is bietjie skepties, maar ons gaan daarheen omdat ons nie regtig aan iets anders kan dink om te doen nie. Met eerste oogopslag lyk die binnekant van die gebou soos ‘n mall met lughawe vibes. Ons spot skoon dat daar magically busse gaan verskyn op die tweede vloer, tot ons groot verbasing is daar toe regtig boarding gates van 1 tot 30 met busse wat by elke hek staan. Ons koop ‘n kaartjie terug vir 15 NIS en board by gate 24.
By Tel Aviv neem ons bus 41 vanaf die sesde vloer van die busstasie to in Jaffa, my foon bly vermoedelik in die bus agter. Ook maar goed dit was ‘n goedkoop Chinese namaaksel. By die hostel besluit ons finaal dat ons die Walk About Love gaan doen (dit kos slegs 4500 NIS en sluit kos, verblyf en goeie geselskap in vir 80 dae) ongeag of ek my visum kry of nie. Ek skype my ouers en hulle ondersteun my weereens, my pa nogsteeds bekommerd oor my skoene.
Ek skep vir my ‘n couch surfing profile aangesien ons nou vir 20 dae na onsself gaan moet kyk tot die stap begin, kom vroeg in die bed.