Ek staan vir die eerste keer vroeg en op tyd op 07:30. Ek power walk die 4km tot by die KPC office en wag voor die deur tot hulle oop maak. Die eerste dame wat arriveer lig my in dat ek wel ‘n visum kan kry dit gaan net nog ‘n week neem, ek stres vir ‘n oomblik dat hulle nie my paspoort by hulle het nie. Ek sit my hartseer gesig op en sê ek wou baie graag op ‘n kinbutz werk, maar toe ek hoor dat ek moontlik nie ‘n visum kan kry nie het ek ander planne gemaak. Ek kry toe gelukkig my paspoort, maar moes 110 NIS betaal vir die visum wat ek nie gekry het nie.
Dis die eerste dag met goeie weer in Tel Aviv en oral is daar drawwers. Ek is binne ‘n uur weer terug in die hostel en eet toast broodjies soos ‘n koning.
11:00 is die check-out tyd, maar ons vertoef nog rond tot 13:00, wat ons wasgoed genoeg tyd gegee het om droog te raak en om te besluit waarheen ons gaan. Eilat!
Ons neem vir die laaste keer bus 11 na die busstasie en kom net betyds vir die bus na Eilat teen 74 NIS. Halfpad verander die landskap skielik van groen plase na bar woestyn met ‘n McDonalds in die middel van niks en nêrens.
Ons kom 19:00 in Eilat aan, waar ‘n vrounons met die afklim slag ‘n private room aanbied teen 75 NIS, goedkoper as die hostel in Jaffa, maar sonder ontbyt en wifi. Marcello ons vriend van Tel Aviv kom ook daar aan en ons bespreek af om hom 20:10 by die Imax te kry. Van buite lyk die private room wat in ‘n woonstel blok is vervalle, maar binne was dit heel leefbaar. Ons besluit om vir twee aande te bly waarvan die tweede aand 100 NIS kos.
Ons ontmoet Marcello en gaan drink ‘n bier saam met hom en sy Indian en English vriende wat saam met hom in ‘n Ulpan (skool waar jy hebreeus leer terwyl jy in Kibbutz werk) was, al drie het nou Israeli citizenshijp en werk in Eilat vir die somer. Eilat is volgens ons Suid Afrika analogie soos Durban (wat toevallig ‘n sister city van Eilat is), met Jerusalem wat soos Johannesburg is en Tel Aviv soos Kaapstad. Eilat is egter eerder soos ‘n casino-lose Las Vegas met al die neon ligte en hotelle.