Die Begin

27 Februarie 2012 het begin soos enige ander Universiteits Maandag. My alarm gaan soos oudergewoonte 07:10 af minwetend wat die dag, die week of selfs die res van my lewe vir my voorlê.

Die storie begin eintlik 6 jaar terug op ‘n bankie in Huis du Preez se eetsaal. ‘n eenvoudige gesprek met ‘n mede-skolier een Vrydagmiddag terwyl ons vir ons ouers wag om ons te kom haal vir die naweek. Marleen Bruwer heet sy. Ek dink ons altwee het geweet dat daar groot dinge vir ons wag, maar min het ons toe geweet watter groot effek ons op mekaar se lewens sou hê.

Terwyl ek nog in die bed lê, dink ek aan die Huisfondsdans, ekonomie opstel en toetse wat nog voorlê. Ek sleep myself klas toe vir ‘n vol dag van Statistiek, Wiskunde en Aktuariële Wetenskap. Ek het al vrede gemaak met die manier hoe my lewe gaan uitdraai, want dis nie asof iemand regtig net Universiteit, beurs, vriende en alles sal agterlos om een of ander vergesofte droom na te jaag om elke land in die wêreld te sien. Of so het ek gedink.

Die aand sien ek Marleen is op GMail, ons het die afgelope jaar nie eintlik kontak gemaak nie en al sien ek baie keer die groen kolletjie langs haar naam ignoreer ek dit gewoontlik. Hierdie aand klik ek egter op haar naam en begin met ‘n eenvoudige Hallo.

me: hey

Marleen: haai daar vreemdeling! how goes?

me: oraait, Waar in die wereld is jy?

Marleen: ek is in kaapstad, vlieg woensdag Isanbul toe, dan Tel aviv. Gaan bietjie in Israel wees tot junie, dan Terug. jy? Stellenbosch

me: Ernstig??? En jy se my nou eers? Ek kom sommer saam

Marleen: nou kom! dan kom werk jy saam met my op die kibbutz, se my as jy ernstig is dan gee ek jou my vlugbesonderhede

me: Awesome, Ek wens ek het die balls gehad om dit te doen. Al weet ek dat dar ‘n tyd gaan kom in my lewe wat ek gaan spyt wees dat ek nie sulke goed gedoen het nie

Marleen: dalk moet jy….ek het en dit werk nog net goed vir my uit

me: Gaan jy net of doen jy dit deur ‘n organisasie het jy nie Visum nodig nie?

Marleen: nee nee, ek doen dit deur ‘n organisasie… en ek kry my visum as ek daar kom. Mens hoef dit nie eintlik deur ‘n organisasie te doen nie, jy kan net pitch. en jy hoef nie aansoek te doen vir die visum nie, jy kry dit ook upon arrival

me: Ek het nounet imagine hoe ek net gaan, alles in my kamer los en op die lughawe my ouers bel en se ek gaan Israel toe hulle moet maar alles hier uit sorteer Of dalk nie eens nie. Set soos as missing person aangewys word

Marleen: as ek jy was sou ek – dis presies wat ek gedoen het, net study wise. doenit! jy sal dit nie regret nie dalk bly jy virewig daar

me: ek sal seker my ouers se

Marleen: nou gaan jy dit doen?

me: gaan ons ooit by dieselfde plek kan wees?

Marleen: sure, as ons saam aanmeld by die office, why not?

me: Shit imagine ek doen dit!!

Marleen: gee my drie redes hoekom jy dit wil doen

me: 1) Anders gaan ek vir ewewig voel ek is vasgevang in iets en ek kan nie self my lewe leef

nie en dus miserable wees vir altyd.
2) Dit sal die coolste storie ooit wees en ek kan dit eendag vir my klein kinders vertel
3) Ek kan dalk die purpose van my lewe ontdek en vrede maak daarmee dat ek nie wil ryk wees nie, maar net wil lewe. Die hele wereld vol tavel van plek tot plek en skottelgoed was (die ding wat ek die meeste haat) tot ek geld het om na ‘n ander plek te gaan. Soos my engelse 101 things to do before I die gese het

Marleen: ok, gee my drie redes hoekom jy nie moet gaan nie

me: 1) Indien ek ‘n fout maak en vir een of ander rede wat ek nie nou kan insien nie wel hoegenaamd wil swot, moet ek waarskynlik selfs vir my kursus betaal, wat ek egter met ‘n lening kan doen soos meeste ander mense so dit is nie regtig ‘n rede nie.
2) My ouers kan moontlik freak, maar dit is nie lyk hulle nie. My ma sal propably bly wees want sy glo AW is sleg vir my so dit ook nie ‘n rede nie.
3) Almal anders gaan dink dit is moerse random van my, maar binne in hulle gaan hulle jaloers wees. So dit ook nie ‘n rede.

Marleen: so die feit dat die eerste en ergste twee goed nie eitnlik redes gee nie…. jou derde een ook nie. so wat keer jou? jy het twee dae. dit sal regtig awesome wees

me: Dit gaan messed up wees om al die komitees te los. maar dit sal my leer dat niemand regtig so afhanklik van my is soos wat ek altyd glo nie. Hulle wereld gaan nie inmekaar stort sonder my nie.

Marleen: exactly. so daar is niks wat jou hier hou nie… niks. niks wat lewensbelangrik is anway nie

En dit was dit. Ek het in my kar geklim, Kaap toe gery en vir Marleen by haar suster se woonstel gekry. By Inge se werk het ons ‘n biertjie gedrink en gepraat oor alles behalwe my verdwyning.

Net voor ek die pad terug Stellenbosch toe aandurf, sê ek nonchalant vir Marleen, ek gaan dit regtig doen.
Terug by die koshuis, download ek Californication en kyk so drie episodes daarvan. Twee eposse onderskeidelik aan my ouers en Jaco word getik, maar nie gestuur nie. Halfses Dinsdagoggend klim ek uiteindelik in die bed.

Twee droomlose ure later kom maak Jaco my wakker om klas toe te gaan, maar hy sien sommer dadelik dat ek nie vandag klas toe gaan nie of ten minste net nie na Finansiële Risiko Bestuur nie. Teen 10:00 is ek uitgeslaap, trek aan en ry na Student Travel asof dit my normale Dinsdag program is. Ek vra na Johanli, sy het Marleen se bespreking gedoen, en word gegroet deur ‘n vriendelike blonde dame by die tweede lessenaar. Sy onthou dadelik vir Marleen en vra waarmee sy kan help. Ek vra vir ‘n vliegtuig kaartjie op dieselfde vlug. Haar oë rek nie eens ‘n haarbreedte nie. Saam besluit ons dat Woensdag onnodig duur is en dat Donderdag beter sal wees, al is dit nogsteeds peper duur teenoor ‘n week se wag (“You can’t put a price on adventure” hoor ek myself sê as bevestiging van die vlug), maar ek kon nie bekostig om te wag nie al was daar niks wat my gejaag het nie, net ‘n gevoel van dit is wat ek nou moet doen.

Dit het ‘n tydjie geneem om die geld te kry, agv capitec limiete, maar teen 12:00 is alles gereël. ‘n R14 000 se vlug, versekering ingesluit, op Donderdag om 17:10 via Istanbul en terug op die 12de Junie.

By die koshuis neem my voete my na Johannes se kamer. Hy kon aanvoel dat ek iets aangevang het en kry dit uiteindelik uit my uit. Ek wou oorspronklik niemand vertel nie. Hy was baie ondersteunend en dit het my gerusgestel, maar ook vir die eerste keer laat besef wat ek besig is om te doen. Die keer is dit nie ‘n PSP wat ek koop om af te show nie, dit is my toekoms.

Ek vind myself oppad na Franschhoek om my ouers van my besluit te vertel. Ek weet dat hulle sal verstaan, maar as ek my in hulle skoene sit maak dit my hartseer, want ek sou nie myself as seun wou gehad het in so situasie nie.

My ma was bly om my te sien toe ek onaangekondig by haar kantoor opdaag. Ek sou graag wou weet wat deur haar kop gegaan het. By die huis sit my pa oorkant my en neem sy beradings posisie in, my ma langs my. Ek kry in knop in my keel (soortgelyk aan die een wat ek nou het soos ek hierdie skryf) haal diep asem en sê: “Ek het besuit om op te hou met AW”. ‘n eenvoudige kopknip het my laat verstaan dat alles OK gaan wees. Ek hou die trane net lank genoeg terug om by te voeg: “en ek vlieg Donderdag Israel toe. My pa se oë het gerek, maar nie op ‘n verbaasde wyse nie, meer beïndruk.

My trane het gevloei terwyl my pa my gerusstel met sy rustige antwoorde: “Eerstens, baie geluk. Dit neem baie moed om so besluit te neem. Ons het dit al voorheen duidelik gemaak en ek beklemtoon dit weer, dat dit jou lewe is en dat jy vir geen oomblik moet voel dat jy iets moét doen net omdat jy dink dit van jou verwag word nie.” Ek kon niks terug sê nie, want my hart was te seer van dankbaarheid, ja seer want ek voel nie dat ek dit verdien nie.

“Tweedens, ” gaan my pa voort “is daar enige praktiese goed waarmee ons kan help?”
Nadat ek kalmeer het en my ma ‘n paar goed wou vasstel soos of daar iets spesifiek gebeur het, hoekom Israel en wat ek daar gaan maak. Ek het alles vertel, maar die deel van Marleen uitgelos. As ek nou daaroor terug dink was dit eintlik so onnodig, maar ek dink ek was bang dat dit sou sleg lyk en my ouers onnodig bekommerd sou maak

Ek is dokter toe om ‘n vorm te laat invul dat ek gesond is. My broer is gekontak om huis toe te kom. Die aand het ons saam gaan uiteet en die atmosfeer was soos die van my afskeid na Europa vir ‘n lang vooruitbeplande vakansie en nie ‘n impulsiewe los van kursus en Israel toe vlieg vir amper 4 maande sonder enige beplannin nie.

My oorspronklike romantiese (soos Johannes dit stel) verdwyning het verander in ‘n Facebook-event afskeid die Woensdagaand. Almal was uit hulle skoene uit verbaas en menigde glo heel moontlik steeds dat dit net ‘n grap is en dat ek binnekort terugkom en verder gaan klasloop.

Ek het glad nie gedink aan wat ek alles agterlaat nie en eers die aand 23:00 toe ek vir oulaas vir Jaco moes groet het ek besef hoe swaar dié afskeid gaan wees, al is dit nie vir altyd nie. Ek kry weer ‘n knop in my keel as ek dink aan hoe ek hom agtergelaat het na alles wat hy vir my beteken het in so kort tydjie. Ek kan nou nog nie besluit wie het meer moed nie. Ek wat gegaan het of hy wat gebly het, maar net ons sal verstaan dat altwee ewe veel moed vat. Ons altwee bewys onsself aan onsself.

Nog ‘n droomlose nag gaan verby en die eerste dag van my nuwe lewe breek aan. Die dag waarop ek na Israel vlieg en ‘n professionele reisiger word.

Ek dink ek het die heeltyd nog verwag, dalk selfs gewens, dat my ouers skielik hulle storie gaan omdraai en sê ek het nou lekker gedroom, dat ek moet terug Universiteit toe, my gawes gebruik, ‘n graad kry en dan ‘n goeie werk, vrou en kinders en al daardie dinge. Die teenoorgestelde het egter telkens gebeur. My ma het erken dat sy eintlik nou verlig is dat ek opgehou het met AW, want sy het van die begin af geweet dat dit nie vir my is nie. Weereens sou ek graag wou weet hoe hulle my toekoms in hulle geestesoog sien uitdraai. En dan sou ek dit graag presies so wou uitleef.

Die oomblik het egter aan gebreek en ek waai vir oulaas van die ander kant van die sekuriteits hek af. Ek is nou ‘n student van die lewe en eerste op my module lys is Israel.

Die Begin

Beginner Cubist

I recently started playing around with the Rubik’s Cube. I started out with Jasmine Lee’s Beginner’s Guide. Through practise I got times relatively good times ranging form 1 minute 30 seconds to 2 minutes. I now started learning more algorithm, but still need to improve on my finger speed.

Watch this site to follow my Cube experience and tips. I also have a keen interest in patterns.