Ons sleep onsself eers teen 12:00 uit die bed uit en kry vir Shoval in die sitkamer. Die gesprek oor politiek gaan amper dadelik voort. Nog kaas koek word aangedra en musiek word gespeel, sy het ‘n omgelooflik stem.
15:45 ry ons saam met haar na haar werk: sy werk by ‘n backpackers wat nogal ironies is, want met Couch Surfing steel sy dan eintlik haar eie kliente. Vandaar stap ons toe so 5km tot by die Northbeech waar die Walk mense veronderstel was om te wees, maar dit was net so desolate soos die eertse keer toe ons daar was. Die keer kon ons egter in die lig sien die bordjies wat sê, “Beware landmines”.
Dit is ‘n lang 7km terug na haar woonstel wat ons in die woestyn stof moes aanpak. Die stof was so dik, jy kon direk in die son inkyk en dan lyk dit soos ‘n dowwe maan. Oppad terug koop ek vir my twee hippie broeke en ‘n serp.
Die aand werk ek aan my blog en ons maak weer pannekoek. Shoval kom weer 24:00 terug, maar die keer is sy aansienlik moeër as gisteraand. Teen 02:00 het sy letterlik mid-gesprek aan die slaap geraak. Die gesprekke was tot ‘n mate vroliker en het meestal gegaan oor my besluit om Universiteit te los en verhoudings met ouers oor die algemeen. Die alewige gesprek oor die bestaan van ware liefde het ook sy opduiking gemaak met my en Shoval wat saam stem dat dit ‘n kop besluit is: Lamech (koning wat eers met kop dan hart dink) en nie malech (eers hart dan kop) nie, of so iets het sy verduidelik.
Ek en Marleen lê en gesels tot laat voor ons aan die slaap raak.