Met die sonsopkoms raak dit warmer en kan ons uiteindelik aan die slaap raak, maar teen elfuur is die hitte weer te veel en verlaat ek die tent. Ek volg die spore van die vorige aand se oorlog scene. Van die humvees en/of jeeps het 30cm van ons af tent af verby gery.
Ek maak weer vir myself die tradisionele sjokoladesmeerbroodjie ontbyt en geniet die uitsig oor die dooie see. Ek lees so 70 bladsye van on the road terwyl ‘n kaal Israeli en twee topless russe, wat ons later sou leer ken as Julia en Olga, my onbewustelik vermaak met hulle manewales. Ek voel dit is tyd vir ‘n bad gaan self vir ‘n skinny dip in die vars water, met geen toeskouers waarvan ek bewus is nie.
Teen die tyd wat ek terugkom (14:00) is Marleen uiteindelik wakker. Sy ervaar die strand as ‘n tipe room of requirements soos in Harry Potter. Ons het nie self ‘n pot gehad: dit het net daar op die strand gelê vir ons om te gebruik; sy is lus vir koffie, Shalom kom verby en nooi ons vir koffie; sy smag na kitaar musiek, ‘n random ou, Jonathan Fletcher, stap verby met sy kitaar, kom sit langs Marleen en begin speel sonder dat ons ‘n woord vir hom gesê het; laastens is sy lus vir ‘n sigaret en minute kater kom Olga en bied haar ‘n sigaret aan.
Ons begin vroeg met aandete bestaande uit pasta en tamatie paste. Net toe die pasta reg is om afgehaal te word kom die kaal Israeli al bibberend aangehardloop, die keer gelukkig met ‘n handdoek om en kom soek hitte by die vuur. Kort daarna kom die twee russe ook aan met net ‘n dun lappie om die lyf. Hulle vertel van waar hulle ontmoet het by ‘n byeenkoms by die desert ashram met werkswinkels en so aan “oh, and everyone was naked for three days”, nou maak alles meer sin.
Na die teen die tyd koue pasta gaan kuier ons weer vir Shalom waar die russe ook besig was om afskeid te neem. Later die aand na die russe in die pad geval het skuif ek en Marleen na die Hollander en kie se vuur. Ons het hom, Rutge of so iets, vroëer die aand ook by Shalom ontmoet. Hy het probeer om van die kanariese eilande tot in brasil te seil, maar na ‘n reeks van onvoorsiene gebeurtenisse (series of unfortunate events) wat onder ander die breek van die seiljag se stuurmeganisme insluit bevind hy homself nou in Israel. Sy Israeli vriende maak musiek en heerlike tuisgemaakte tee bestaande uit vars kaneel, gemmer en suurlemoensap.
22:00 probeer ons slaap, maar daar is nie veel hoop met die nag se koue en die matraslose slaap oppervlak. Môre is dit terug na beskawing net om paar dae later vir drie maande weer uit dit uit te verdwyn.