Inderhaas oppad na die lughawe stop ons eers in Durbanville om my BTK-baadjie by ‘n huis fabriek op te tel wat al 3 maande overdue is. Vandaar dring my pa daarop aan dat ek nuwe stap skoene nodig het aangesien myne wat van kilimandjaro in 2007 af dateer al so glad gestap is soos formule 1 slicks. Hulle het nie my size nie en ons jaag lughawe toe. Ek is egter heel betyds en checkin verloop glad met my rugsak vir 4 maande wat net 11kg weeg. Ek doen my tradisonele lughawe wardrobe change in die badkamer en ontmoet my ouers in die Spur vir ons tradisionele afskeidsete. Dit is die eerste keer in ‘n lang tyd wat ek ‘n Spur betree na my vorige slegte ervaring met ‘n suur chocolate moes. Ek skraap egter my moed bymekaar en is bereid om te vergewe. Ek bestel ‘n chicken schnitzel en wratag, dis weer ‘n teleurstelling. My ma is egter van mening dat ek net ‘n swak eetlus het agv van die omstandighede.
Jaco en Marike kom groet ook vir oulaas. Jaco oorhandig Huccle Berry Finn aan my en sê dat dit baie van pas sal wees, behalwe dat ek nou nie heeltemal my eie dood fake nie, ek sal egter jok as ek sê dat ek nie al daaran gedink het nie.
Die tyd het aangebreek vir my om Suid-Afrika te groet, ek dink weer aan hoe my week sou verloop en kry sommer so lekker gevoel om te weet dat ek nooit weer 07:00 hoef op te staan vir klas nie.
My paspoort word gechap en my reis word ‘n werklikheid. Ek sit langs Casper vir die vlug na Johannesburg en begin om Real Steel te fliek, maar nog voor ons regtig opgestyg het land ons alweer in Johannesburg in ‘n rekord 1 uur 30 minute. Die wag op OR Tambo voel egter soos ‘n ewigheid tot ‘n ou man met ‘n groot neus uiteindelik sy plek langs my inneem. Hy is toevallig ‘n Afrikaanse predikant oppad na ‘n konferensie in Italië. Ek vertel vir hom my verhaal en hy probeer my oorreed om sommer hebreeus te leer. Die vliegtuig styg op en ek kan my fliek klaar kyk. Daarna is dit tyd vir Cloudy with a Chance of meatballs en ‘n paar episodes van Two and a Half Men. Iewers in die vroeë oggendure word ek wakker en kyk deur my venstertjie en sien die meeste liggies oor die grootste area nog. Ek moet op die flight information dingetjie kyk om te sien dat ons oor die Nyl delta vlieg. Wat ‘n uitsig, wie sou kon sê dat hulle op die oomblik soveel konflik het as dit van bo af so rustig lyk.